+27 69 341 7355 · info@gryskrag.co.zaEnglish
Tydskrif

Lees die jongste tydskrif

Nuus, praktiese hulpbronne en stories vir die GrysKrag-gemeenskap.

Junie 2026

WINTER 2026 Uitgawe 2 Volume 4

Te midde van die rustiger tempo van ons lewens vandag, staar ons daagliks unieke uitdagings in die gesig. Maar die meeste hiervan kan gelukkig met die regte strategieë en ingesteldheid bestuur word. Lees meer hieroor in hierdie uitgawe.

Laai PDF af

April 2026

HERFS 2026 Uitgawe 2 Volume 3

Die somer is iets van die verlede. Dit was ’n besonderse en lewendige seisoen, met soveel sonskyn en reën waarvoor ons dankbaar is. Nou betree ons ’n nuwe seisoen en fase in die natuur: Herfs is hier, en dit beteken dit is tyd om aan te pas. Wees ontvanklik vir verandering en bewus van wat rondom ons gebeur. Bly waaksaam – dit is jou reg. Vra vrae, wees bewus van veranderinge en as daar iets is waarmee jy nie saamstem nie, laat jou stem hoor. Moenie alles aan die politici oorlaat nie. Hulle het ook ons ondersteuning nodig. Lees meer in hierdie uitgawe.

Laai PDF af

Januarie 2026

SOMER 2026 Uitgawe 1 Volume 3

Kyk net waar hardloop die jaar alweer heen ... maar ons skrik nie, daar's nog té veel uitdagings wat voorlê! Hoe wonderlik om te praat namens julle almal - ons verteenwoordig mos hoeka ons senior persone. Nee, die krág wat elkeen met 'n ietsie grys in sy of haar hare mos ronddra! As ons nog nie persoonlik ontmoet het nie, wil ek dan sê: Welkom in ons midde! Onthou, hierdie is ook jóú platform - word lid en kontak ons, die nommer en kontakbesonderhede is op bladsy 1 van ons tydskrif.

Laai PDF af

Desember 2025

SOMER 2025 Uitgawe 1 Volume 2

2025 het aangebreek! Sjoe, wat ’n geleentheid om daar te wees, namens julle te onderhandel, julle stem te laat hoor en mekaar te ondersteun. Onthou: elke lid se stem tel. Sluit aan by hierdie opwindende, groeiende organisasie wat daarna streef om altyd daar te wees vir jou. Besoek ons webwerf www.gryskrag.co.za en voltooi die lidmaatskapvorm. Benewens die vele sake waarmee ons jou kan bystaan, bied jou lidmaatskap ook toegang tot beter voordele. Mag 2025 een van jou beste jare ooit wees.

Laai PDF af