+27 69 341 7355 · info@gryskrag.co.zaEnglish
Ledevoordele

Praktiese waarde, duidelik bevestig.

Soek bevestigde voordele vir GrysKrag-lede. Voorwaardes en beskikbaarheid kan verander; kyk altyd na die verskaffer se huidige bepalings.

Ledevoordeel

Kortings na 60

SENIORS AFSLAG vir PERSONE OUER AS 60 JAAR Hierdie lys dien as ’n algemene riglyn tov kleinhandelaars en ander instansies wat afslag vir persone ouer as 60 jaar bied. Bevestig altyd vooraf of daar spesifieke produkte is wat uitgesluit is en of daar ander voorwaardes tov die afslag geld deur vooraf navraag by die instansie se bestuur te doen. Instansies mag ’n bewys van identifikasie versoek om u ouderdom te bevestig. INKOPIES: KRUIDENIERSWARE EN VOEDSELPRODUKTE MAKRO Kry ‘n mSeniorskaart en kry 10% afslag op algemene aankope en 5% op kosprodukte. GAME Kry 10% afslag, enige dag van die week vir aankope tot R3000. FOOD LOVERS’ MARKET Sommige winkels gee ’n seniorsafslag op ’n spesifieke dag van die week. Doen navraag by u naaste winkel om uit te vind wanneer dit is. SPAR Sommige winkels gee ’n seniorsafslag op ’n spesifieke dag van die week. Doen navraag by u naaste winkel om uit te vind wanneer dit is. PICK N PAY Sommige Pick n Pay winkels bied ‘n 5% of 10% afslag op ’n Woensdag vir seniors. Doen navraag by jou naaste winkel. INKOPIES: ALGEMEEN BUILDERS’ WAREHOUSE Seniors kwalifiseer vir 10% afslag op Woensdae. WINKELSENTRUMPARKERING Sekere groot winkelsentrums soos Menlyn en die V&A winkelsentrums bied gratis parkering vir seniors, sekere dae van die week. Doen navraag by hul Inligtingstoonbanke vir ’n spesiale kaart. GESONDHEID CLICKS Clicks Klubkaartlede kan ook by Clicks’ ClubCard Seniors program aansluit en dubbel punte verdien op ’n Woensdag DISCHEM Dischem se 60 Plus Program bied verskillende voordele, insluitend dubbel punte op aankope elke Woensdag (behalwe op voorskrifmedikasie); ’n gratis bloeddruktoets elke maand as u voorskrifmedikasie by Dischem Apteek afgehaal word; afslag op sekere salonbehandelinge en uitnodigings na die 60+ Pensioenaristee. TORGA OPTICAL Sekere pensionarisvoordele geld elke dag – doen navraag by u plaaslike tak. ONTSPANNING NU METRO Afslag op kaartjiepryse vir senior persone, doen navraag oor watter dae dit beskikbaar is. STER-KINEKOR Sluit by die SK Club aan en kwalifiseer vir afslag op fliekkaartjies. BARNYARD TEATER Persone bo 60 kan 50% afslag kry op vertonings by sekere Barnyard Teaters op ’n Sondagmiddag. Om vir die afslag te kwalifiseer moet die teater direk gekontak word. REIS EN VERBLYF SANParks Kwalifiseer vir tot 40% afslag op akkommodasie-tariewe by SANParks se parke. Die afslag is geldig vir sekere maande van die jaar en sluit naweke en langnaweke uit. Doen navraag by SANParke. CapeNATURE Senior persone kan tot 30% afslag kry op selfsorg en kampfasiliteite. Die afslag is nie geldig oor langnaweke en die Desember skoolvakansie nie. TSOGO SUN Spesiale aanbiedinge vir persone wat 65+ jaar oud is. SOUTHERN SUN Bied tot 50% afslag vir persone 60+ jaar by deelnemende hotelle. Tafelbergkabelkarretjie Spesiale kaartjieprys vir senior persone – spaar meer as 60% van die normale tarief. SANBI Nasionale Tuine Gratis toegang op Dinsdae vir senior persone, maar nie geldig vir openbare vakansiedae nie. Kontak u plaaslike nasionale tuin vooraf om seker te maak die aanbod geld daar. HERTZ motorhuur Gebruik die promosiekode 55PLUS om afslag te kry op motorhuur. Geldig vir persone 55+ jaar. AA (Automobiel Assosiasie) Afslag op lidmaatskap TIGER WHEEL & TYRE Kwalifiseer vir ’n seniors afslag op Dinsdae MUNISIPALE TARIEWE Pensionarisse kan aansoek doen vir ’n afslag op hul eiendomsbelasting deur navraag by hul plaaslike munisipaliteit te doen en die relevante dokumentasie daarvoor te voltooi en in te dien. TELEVISIELISENSIES Persone wat ’n SASSA toelaag ontvang of seniors ouer as 70 jaar kan aansoek doen vir ’n konsessie-lisensie van R74, ipv die normale televisielisensiefooi van R265 per jaar. ALGEMENE OPMERKING Ons nooi ons GrysKraglede uit om ’n epos te stuur aan skakel@gryskrag.co.za of ’n WhatsApp na 069 341 7355, indien u weet van plekke wat spesiale aanbiedinge vir senior persone bied.

Verskaffer:
Laas bevestig: Word bevestig

Rapporteer ’n fout of stel ’n voordeel voor